Sterkte vir ons rugbymanne

Setaria – Die Northam Rhinos is reg vir die semi-finaal wat op Saterdag 17 September plaasvind. Die eerste en tweede spanne sal weer teen die Naka Bulls te staan kom.
Hierdie is waardige opponente en die Rhinos sal beslis sokkies moet optrek om die wedstryde te wen.
Die derde span sal hul wedstryd teen die Grizzlies speel. Al drie wedstryde sal weg-wedstryde wees.
#FosteringASenseOfCommunity
