Schools & sport

HFM krieket slaan nog ‘n wen raak!

5 October 2022 · Platinum Bushvelder

HFM krieket slaan nog ‘n wen raak!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se eerste krieketspan het skoonskip gemaak van hul opponente op Saterdag 24 September.


Die span het teen Hoërskool Pietersburg op die Amandelbult krieketbane te staan gekom en het hul wedstryd met sewe paaltjies gewen. Hoërskool Pietersburg het eerste gekolf en het 160 lopies gemaak. Vir HFM neem Vian Horn 4/34 terwyl Jaco Coetzee en De Wet van der Walt elkeen twee paaltjies neem.


Tydens HFM se kolfbeurt staan spankaptein HJ Janse van Rensburg uit met 90 lopies van 75 balle en De Wet van der Walt maak 38 lopies. HFM maak die lopies in die 34ste beurt wat hul wen verseker.