Vandag se Ertsies, more se manne van staal!

Thabazimbi – Hier staan ‘n groep Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) graad 8 leerlinge... beter bekend as ‘n groep Ertsies wat nog moet wys waarvan hulle gemaak is. Vir die volgende vyf jaar word die leerlinge gesmee om ysters te word.
Die Ertsies word nog vir die volgende ses weke ontgroen (onthef), waarvan een van die eerste genotvolle take was om volgens tema aangetrek skool toe te kom, op Donderdag, 25 Januarie.
Daar is tans 186 graad 8 leerlinge in die bekwame hande van die HFM personeel.
