Rhinos wen toernooi!

Northam – Twee dae van harde werk en vasberadenheid het vrugte afgewerp vir die Northam Rhinos tydens die Seven’s toernooi in Klerksdorp op Vrydag 30 September en Saterdag 1 Oktober.
Die Rhinos se tweede span het dit tot in die semi-finaal gemaak, maar het hul wedstryd verloor en het nie deurgedring na die volgende rondte nie.
Die eerste span het hul halfeindstryd teen die SA All Stars gewen en in die eindstryd teen die Coyotes te staan gekom.
Dit was naelskraap maar die Northam Rhinos wen dié wedstryd en so ook die toernooi. Knap gedaan manne!
#FosteringASenseOfCommunity
