LAERSKOOL THABAZIMBI WEN DIE FINAAL

Thabazimbi – Laerskool Thabazimbi se o/10 krieketspan het op Dinsdag 18 Oktober 2022 teen Laerskool Pietersburg Oos in die Limpopo finale te staan gekom. Hulle maak 159 vir 5 in hulle 25 beurte.
Kolwers wat presteer het:
- Dihan Lensley - 58
- Arnu Snyman - 41
- Julian Olivier - 19
Laerskool Thabazimbi se boul was rooiwarm en Pietersburg Oos word uitgeboul vit 76.
Boulers wat presteer het:
- Arnu Snyman - 3 paaltjies
- Henlo Maritz - 3 paaltjies
- Dihan Lensley - 2 paaltjies
- Egan Smith - 1 paaltjie
Laerskool Thabazimbi wen die Limpopo finaal met 84 lopies!
#FosteringASenseOfCommunity
