Rekords spat by HFM interhoër!

Thabazimbi – Op Dinsdag, 23 Januarie, kompeteer drie kleurspanne teen mekaar tydens die jaarlikse Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) interhuis.
Die wit span wen by verre wat opkoms betref; maar die sangbeker is net-net aan die blou span oorhandig met 94%, nadat die wit span 2de is met 93%, en die rooi span 3de met 88%.
In totaliteit is dit die rooi span wat wen met 1013 punte, die wit span kom in tweede plek met 980 punte, en die blou span kom in met 847 punte.
Wat atletiek aanbetref, is die volgende rekords verbeter:
- o/16: Junior Mkhabela (200m) – IH 23.00 (45 jaar: R Steenkamp ’73)
- o/19: William Thulare (110m hekkies) – IH + BA: 14.7sek
- o/19: Nelson Mammabolo (110m hekkies) – IH 15.1sek
- o/14: Cara Pieterse (skyfwerp) – IH 25.77m, asook gewigstoot – IH 10.75m
- o/14: Nicolas Snyman (gewigstoot) – IH 12.57m (10 jaar: Kuifie van den Berg ’08)
- o/15: Chane van den Berg (spiesgooi) – IH + BA 32.20m
- o/17: Janie du Plessis (spiesgooi) – IH + BA 33.61m
- o/17: Chane Ras (spiesgooi) – IH 31.89m, asook gewigstoot – IH + BA 12.77m (22 jaar: A Kruger ’96)
- o/17: Devoux Deysel (spiesgooi) – IH + BA 70.26m (34 jaar: Pieter van Deventer ’84)
Die beste individuele prestasies is as volg:
- Junior seun (baan): Kgosi Medupi (o/14) 100m 13.2 sek (608)
- Junior dogter (baan): Mariska Coetsee (o/15) 800m 2:38:00 (576)
- Junior seun (veld): Morne Pistorius (o/15) hoogspring 1.70 m (864)
- Junior dogter (veld): Twana Nel (o/15) hoogspring 1.40 m (768)
- Senior seun (baan): Junior Mkhabela (o/16) 200m 23.00 sek (913)
- Senior dogter (baan): Michayla Mulder (o/19) 100m 13.7 sek (570)
- Senior seun (veld): Devoux Deysel (o/17) spiesgooi 70.26 m (1041)
- Senior dogter (veld): Charne Ras (o/17) gewigstoot 12.77 m (877)
- Dogtersatleet van die dag: Charne Ras met 877 ABSA punte
- Seunsatleet van die dag: Devoux Deysel met 1041 ABSA punte
- Beste enkel-prestasie van die dag: Devoux Deysel met 1041 ABSA punte
