2022 Autumn Nations Series

Die Bokke wen weer en klop Italië 63-21. Eerskomende Saterdag sluit hulle die toer af met ‘n botsing teen Engeland op Twickenham.
Die All Blacks val uit die bus uit in die laaste tien minute teen Engeland na die geelkaart aan Beauden Barrett. Die Kiwi’s was nét 25-6 voor en laat die bleekbene toe om 19 punte in die laaste tien minute aan te teken! ‘n Rare gelykop uitslag... 25-25.
Georgia skok Wallis met ‘n eerste oorwinning ooit, 13-12!
Ierland wen Australië 13-10 en was nie juis oortuigend nie. Frankryk sluit die seisoen onoorwonne teen Japan.
- Uitslae:
Frankryk 35-17 Japan
Ierland 13-10 Australië
Engeland 25-25 Nieu-Seeland
Skotland 52-29 Argentinië
Roemenië 0-22 Samoa
Kanada 43-37 Namibië
Italië 21-63 Suid-Afrika
Wallis 12-13 Georgia
Tonga 43-19 Uruguay
VSA 16-16 Portugal
Hongkong 22-18 Kenia
Die Ierse losvoorspeler, Josh van der Flier, is aangewys as die beste rugbyspeler van 2022. Die puik speler verdien die toekenning by verre.
Soms moet die sooibrand nuus ook gedeel word. Die SA “A” span verloor hulle twee games op hulle toer. Die Bokke se naasbestes, soos hulle bestempel word, was lomp en pateties, finish en klaar!
Hulle verloor teen ‘n verswakte Muster span, 28-14, en volg dit op met nog ‘n 26-18 nederlaag teen die Bristol Bears ‘n week daarna.
Nag ou groene...
#FosteringASenseOfCommunity
