Schools & sport

Boeliery, ‘n naRe werklikheid 

25 November 2022 · Platinum Bushvelder

Boeliery, ‘n naRe werklikheid 

Thabazimbi – Thabazimbi Polisielede het besoek afgelê by Laerskool Thabazimbi op Donderdag 3 November 2022.

Hulle het met die Graad 5 tot graad 7 leerders gesels oor boelies en meer uitgebrei oor verskillende tipes boelies en boelie gedrag.

In ‘n artikel op alfrikaans.com kyk hulle onder andere na wat boeliery is, en of dit dan ook afknouery of bullebakkery insluit? Die artikel uittreksels lui: 


Laat ons eerstens ‘n onderskeid tref tussen ‘n goedige tergery, ‘n gewone konfliksituasie en werklike boeliegedrag.

Tergery vind gewoonlik tussen vriende plaas en het nie gewoonlik ernstige nagevolge nie, omdat dit nie afbrekend is nie en met humor gepaard gaan.


In ‘n konfliksituasie dring die partye nie daarop aan om noodwendig hulle sin te kry nie en word daar gewoonlik redes gegee hoekom hulle van ander verskil. Daar word ook gewoonlik om verskoning gevra agterna en word daar dikwels onderhandel oor hoe om by ‘n aanvaarbare oplossing uit te kom. Dit kan selfs gebeur dat die persoon bloot wegstap.


Boeliery aan die ander kant, is ‘n ernstige saak wat met groot omsigtigheid, maar ook ferm, hanteer behoort te word. Dit is daardie aggressiewe gedrag wat aanhoudend en gereeld plaasvind en spesifiek op iemand (of ‘n leerder) gerig word wat die boelie dink nie teen hom/haar kan of sal opstaan nie –slagoffers voel dus hulpeloos om hulself te verdedig.

Tipes boeliery
Verbaal – noem ander lelike/ afbrekende name, dreigemente dat die persoon seergemaak gaan word en uittarting.


Sosiaal – om iemand met opset te ignoreer of uit te sluit en ander aan te moedig om dit ook te doen, onwaarhede oor die persoon te versprei, of die persoon in die openbaar te verkleineer.


Fisiek – lei dikwels tot fisieke en soms gewelddadige aanranding van ‘n persoon of beskadiging van hulle besittings. Hierdie soort aanranding kan tot strafregtelike stappe lei.


Kuberboeliery – vind oor die internet plaas op sosiale media platforms en is gewoonlik die verspreiding van kwetsende en skadelike stories en gerugte. 

Lede van Thabazimbi polisie gesels met Laerkool Thabazimbi leerders.

#FosteringASenseOfCommunity