Community

HSBC Sevens New Zealand

1 February 2023 · Platinum Bushvelder

HSBC Sevens New Zealand

Die Blitse stel weer teleur en moes tevrede wees met sewende plek in Wellington. Argentinië verras en klop die Kiwi’s in ‘n dramatiese game om die finaal 14-12 te wen.


Die Blitse beklee nou die vierde plek op die log en sal moet sokkies optrek in die oorblywende toernooie om te kwalifiseer vir die 2024 Olimpiese Spele. Die top vier spanne kwalifiseer outomaties om aan die Spele deel te neem.

Heineken Cup 

Die Stormers neem wraak in Kaapstad en klop Clermont om vir ‘n tuis kwart-finaal te kwalifiseer. Die Sharks verloor teen Harlequins maar kwalifiseer ook vir ‘n tuis kwart-finaal terwyl die Bulls se neerlaag teen Lyon veroorsaak dat hulle in ‘n kwart-finaal teen Toulouse in Frankryk sal moet uitdraf. Hierdie games sal 31 Maart, en 1-2 April plaasvind.
Uitslae:

  • Leicester Tigers 26-27 Ospreys
  • Lyon 31-7 Bulls
  • Northampton Saints 13-31 LaRochelle
  • Bordeaux-Begles 17-26 Gloucester
  • Leinster 36-10 Racing92
  • Exeter Chiefs 40-3 Catres
  • Stormers 30-16 Clermont
  • Ulster 22-11 Sale Sharks
  • Montpellier 21-21 London Irish
  • Toulouse 20-16 Munster
  • Edinburgh 20-16 Saracens

European Rugby Champions Cup 

Die Cheetahs en Lions dring albei deur na die laaste sestien. 

Die Cheetahs moes hard veg om Pau 9-6 te klop met die Lions wat met 30-25 die Dragons klop.

United Rugby Championship

Die URC word weer hervat en die bepalings is as volg:

  • Vrydag 27 Januarie

Ulster 21:25 Stormers
Scarlets 21:35 Bulls

  • Saterdag 28 Januarie

Benetton 16:30 Munster
Dragons 17:00 Glasgow Warriors
Leinster 19:05 Cardiff
Edinburgh 19:15 Sharks
Connacht 21:35 Lions

  • Sondag 29 Januarie

Zebre 17:00 Ospreys

Nag ou grote...

#FosteringASenseOfCommunity