Churches & NGOs

Opsoek na tydelike plek-van-veiligheid ouers

25 February 2023 · Platinum Bushvelder

Opsoek na tydelike plek-van-veiligheid ouers

Thabazimbi – Baie kinders benodig ‘n tydelike plek van veiligheid wanneer hulle deur ‘n bevel vanaf die kinderhof in tydelike sorg geplaas word. Daarom is daar ‘n nood vir ‘tydelike plek-van-veiligheid ouers’ om te help met sulke gevalle.
Werkloosheid en armoede—veral na die pandemie—dra tans by tot die stygende getalle van kinders wat ‘n tydelike veilige tuiste benodig.
Die SAVF Thabazimbi se maatskaplike kantoor (NPO: 001-520) in Parklaan 5, Thabazimbi, ondervind tans dat daar meer kinders na hul verwys word as waarvoor daar plek is in die kinder- en jeugsorgsentrums.
Daar is tans ‘n nood om meer ‘plek-van-veiligheid ouers’ te identifiseer en te oriënteer ten opsigte van die maatstawe wat die ouers moet ontmoet. ‘Tydelike plek-van-veiligheid ouers’ is mense wat hul huise en harte oopmaak om tydelik (90 dae) om te sien na sorgbehoewende kinders. Die tydelike sorg help ook om die kinders moed te gee vir die toekoms.  
Is u gereed om u hart en huis oop te maak vir ‘n kind? Kontak die SAVF Thabazimbi maatskaplike kantoor op 014 777 1093 of epos op thabazimbi.swo1@savf.co.za.
SAVF Thabazimbi media verklaring, 22 Februarie 2023