Jeugklub, dié plek om te wees

Thabazimbi – Met die doel om alkohol en dwelmmisbruik te veg in die gemeenskap, is die Thabazimbi Jeugklub gestig om pret aktiwiteite aan die bied vir tieners.
Die eerste samekoms sal op Saterdag 4 Maart 2023 by die NG Kerksaal Thabazimbi vanaf 18:00 tot 22:00 plaasvind.
Tieners vanaf die ouderdom van 13 tot 19 kan aansluit met hul ouers se toestemming. Hierdie klub sal kreatiewe en vermaaklikheids geleenthede oor naweke (uitsluitlik aan klublede) aanbied. Lidmaatskap is gratis en geleenthede sal bekostigbaar wees sodat dit toeganklik is vir die meerdere.
Die jongspan word uitgenooi om hul slaapsakke te bring en saam te kom fliek kyk.
Dit is gratis en springmielies en koeldrank sal verskaf word. Maak seker dat u kind hul lidmaatskapkaartjie saambring vir vrye toegang.
Dit is net die eerste van vele byeenkomste wat vir lede van die klub aangebied gaan word. So hou die spasie dop!
Vir meer inligting, stuur ‘n WhatsApp na Beverley Spira Kühn op 078 403 1813.
#FosteringASenseOfCommunity
