VLU Bedrywighede

Setaria – Lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak het op Dinsdag 21 Februarie 2023 by die Setaria Ladies Sosiaal Saal bymekaar gekom vir hul maandelikse vergadering.
Josine Hoffman en Jennie Horn was gasvrouens vir die dag en het die dames ‘n paar kreatiewe vaardighede geleer. Josine Hoffman leer die dames hoe om met pen en ink ‘n waterverf agtergrond te verf, en Jennie Horn het informasie gegee oor die verskeie gebruike van laventel wat die VLU produk van die jaar is.
Tessa Jacobs en Chandre Claase het as gaste die vergadering bygewoon en Chandre het daarna besluit om aan te sluit as ‘n nuwe lid van die VLU Zonneblom-tak.
Daar was ook groot opwinding toe Erika Heymans die VLU maandpak gewen het, en VLU Zonneblom-tak voorsitter Gerda Smit ‘n geskenk ontvang het vir haar verjaarsdag wat op 22 Februarie 2023 plaasgevind het.
Verder het die lede hard gewerk aan hul 2023 projekte waar hulle van plan is om seekatte te hekel vir voortydige babas.
Vir meer inligting om deel te word van die VLU Zonneblom-tak, skakel voorsitter Gerda Smit gerus op 083 291 3666 of skakel Rhona Jacobs op 072 311 1256.
#FosteringASenseOfCommunity
