Schools & sport

Voortrekkers hou bokskamp 

17 March 2023 · Platinum Bushvelder

Voortrekkers hou bokskamp 

Thabazimbi – Die Ysterberg Voortrekkers se jaarlikse bokskamp het vanaf Vrydag 10 tot Saterdag 11 Maart 2023 op die Smart Brain rugbyveld plaasgevind.


Die kamp dien as ‘n bemarking en fondsinsamelingsgeleentheid vir die Ysterberg Voortrekkers en het reeds in 2022 afgeskop—en is nou ‘n jaarlikse instelling. Dit is ‘n merkwaardige inisiatief om die kinders se oorspronklikheid en kreatiwiteit uit te lok.


Knapgedaan aan die volgende bokshuis bouers:

  • Eerste plek: Sophia Jarman
  • Tweede plek: Schalk Pelser
  • Derde plek: Leathem Viljoen
  • Vierde plek: Jacob Viljoen
  • Vyfde plek: Raymond Wolfaardt

Baie dankie aan al die borge:

  • Eagle Mountain Spur
  • Thaba Meat Market  
  • Pick n Pay Thabazimbi
  • Sandart Easy Craft for Kids
  • Krimpvarkies en Vlinders
  • Nico de Plooy vir die terrein wat beskikbaar gestel is by Smart Brain rugbyveld.

Die Ysterberg Voortrekkers wil ook elke offisier en heemrade bedank vir hul skenkings en bydrae asook die jeugvriende en jeuglede wat betrokke was.

Schalk Pelser maak reg vir die aand in sy bokshuis met solar krag.
Duncan Swanepoel sit op sy stoep. 

#FosteringASenseOfCommunity