Rhinos reg vir rugby

Setaria – Die Northam Rhinos stof die naweek weer hul tokse af vir ‘n wedstryd teen die NWU-Pukke op Saterdag 25 Maart 2023.
Die eerste wedstryd skop 13:00 af waar die derdespan op die Rhinos se tuisveld gaan uitdraf. Teen 14:30 is dit die tweedespan se beurt en die eerstespan sal 16:00 geleentheid kry om hulself te bewys. Kom wys jou ondersteuning vir ons rugbymanne!
#FosteringASenseOfCommunity
