Schools & sport

Netbalmeisies 2de in provinsie!

18 August 2017 · Platinum Bushvelder

Netbalmeisies 2de in provinsie!

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se o/15 netbalspan het Saterdag, 12 Augustus, aan die Kay Motsepe toernooi te Potgietersrus deelgeneem.

Die meisies het hulself puik van taak gekwyt en het tweede in die provinsie geëindig. Hiermee kwalifiseer hulle om aan die nasionale kampioenskappe tussen 4-6 Oktober te Vereeniging deel te neem. Díe wedstryde sal dan die laaste van die jaar wees.

Baie geluk aan die meisies en hul afrigter, me Boshoff.