‘n Goeie dag vir hengel

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het op Saterdag 25 Maart 2023 en Sondag 26 Maart 2023 die kompetisie vir die Bosveldtrofee by Northam konsentrator aangebied.
Hierdie is ‘n jaarlikse instelling tussen die Thabazimbi, Northam Platinum, Amandelbult en UPM Swartklip spanne en elke jaar kry een van die spanne ‘n geleentheid om dit aan te bied.
Elke span het 12 hengelaars ingeskryf en die dam was volgepak met die vissermanne en vroue.
Die wenners word bepaal deur ‘n puntestelsel waar elke hengelaar 10 punte per vis en 10 punte per kilogram toegedien word.
Baie geluk aan die volgende klubs wat trofees ontvang het:
- Eerste plek: Northam Platinum
- Tweede plek: Thabazimbi
- Derde plek: UPM Swartklip
Vir meer navrae of om deel te word van die Thabazimbi Hengelklub kontak die klubvoorsitter Rudolf du Plessis op 082 318 6659.
#FosteringASenseOfCommunity
