HFM Rugby propvol energie

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se o/16 rugbyspan het teen Grey College in Bloemfontein se B/C span op Vrydag 24 Maart 2023 gespeel.
Na 10 minute in die wedstryd het sake nie goed gelyk nie met ‘n telling van 14-0. Maar die span het energie ingesit om 19 gelykop te speel!
Lourens Pieterse is aangewys as die man van die wedstryd! Saterdag 25 speel HFM teen Hoërskool Sentraal van Bloem en wen met ‘n spog telling van 50-5. HP van Heerden druk 3 drieë en is aangewys as die man van die wedstryd.
#FosteringASenseOfCommunity
