Wykies het talent

Thabazimbi - Laerskool van Wykskraal het die eerste kwartaal afgesluit met ‘n genotvolle talent vertoning op Donderdag 23 Maart 2023 .
Deelnemers het gedans, gesing, gedigte voorgedra, dieregeluide nagemaak, en het tot hul skopboks vernuf toongestel. Die Wykies is voorwaar ‘n talentvolle lot.
Die was ‘n heerlike lusmakertjie vir die konsert wat die Wykies later die jaar op die planke gaan bring.
#FosteringASenseOfCommunity
