Crime & safety

Doppies vir ‘n rolstoel

25 April 2023 · Platinum Bushvelder

Doppies vir ‘n rolstoel

Thabazimbi - Neos Christian School is tans besig met ‘n projek waar leerders koeldrankdoppies insamel om te ruil vir ‘n rolstoel om aan ‘n gemeenskapslid te skenk. 


Om die doelwit te bereik benodig hulle 450 kg doppies en die leerders samel in dat die biesies bewe. “Hierdie is ‘n langtermyn projek en ons gaan insamel tot ons genoeg doppies het.

Ons wil graag die gemeenskap nooi om deel te wees van die projek en enige doppies kan by die skool afgelaai word,” sê Neos Christian School skoolhoof André le Roux. 


Daar kan ook spesiale reëlings getref word om doppies in Thabazimbi op te laai.

Vir meer inligting kontak Neos personeellid Mienkie le Roux op 073 023 1015.

#FosteringASenseOfCommunity