Dís mos rugby!

Setaria – Die Northam Rhinos en Northam Wolverines het op Saterdag 22 April 2023 kragte gemeet in Setaria.
Die Rhinos se eerste en derde spanne het die wen gevat met ‘n telling van 46-20 vir die eerstespan en 67-7 vir die derdespan.
Dié was die Wolverines se eerste wedstryd in die Carlton-beker en hulle het beslis nie teruggestaan nie. Die wedstryd tussen die tweedespanne was egter ‘n kop-aan-kop stryd maar op die einde van die dag is die telling 27-29 in die Wolverines se guns.
Die CEO Challenge Cup wat vir die eerste keer op die spel was tussen die twee spanne is op die ou einde deur die Rhinos gevat.
Volgende naweek rus albei spanne en sal dan volspoed inspring vir die volgende wedstryd op 6 Mei 2023. Nie Rhinos sal dan teen Centurion Rugbyklub te staan kom en die Wolverines teen die Grizzlies Rugbyklub. Dis beide weg wedstryde so onthou om vir hulle sterkte toe te wens!
#FosteringASenseOfCommunity
