Schools & sport

‘n Goeie dag by die dam

3 May 2023 · Platinum Bushvelder

‘n Goeie dag by die dam

Thabazimbi -  Die Thabazimbi Hengelklub het op Sondag 16 April hulle maandelikse klubkompetisie by Northam Konsentrator aangebied. 


Die wenners is bepaal deur die hengelaars wat die grootste kurper vir die dag gevang het. Die visse het goed gebyt en die hengelaars het hulle self weer oortref.

As gevolg van die winter sal die volgende vier kompetisies slegs dag kompetisies wees. Mei se kompetisie sal op die 13de plaasvind. Datums sal nader aan die tyd bevestig word. 

Baie geluk aan ons wenners: 

  • Cubs

Eerste plek - Ruben du Plessis 

  • Dogters

Eerste plek - Carli du Plessis 
Tweede plek - Rochelle Maritz

  • Juniors

Eerste plek - Henlo Maritz
Henlo moet voorwaar dopgehou word; hy het vir die dag 25 visse gevang met ‘n sakgewig van 23,32kg.

  • Dames

Eerste plek - Alicia du Plessis 
Tweede plek - Nicolene Heydenrych 
Derde plek - Janine Koekemoer 

  • Meesters

Eerste plek - Rassie Erasmus 

  • Seniors

Eerste plek - Hendrik Swanepoel 
Tweede plek - Deon Bender
Derde plek - Rudolf du Plessis


Vir meer navrae of om deel te word van die Thabazimbi Hengelklub kontak die klubvoorsitter Rudolf du Plessis op 082 318 6659.

Henlo Maritz is ‘n visvanger van formaat.

#FosteringASenseOfCommunity