HFM se top tien het baie gesien!

Thabazimbi - HFM se 2023 top 10 akademiese groep het op Woensdag 26 April vertrek na Pretoria.
Die leerders het drie van Pretoria se uitstekende tersiêre instellings besoek, insluitend Sol-tech, Tukkies se Mynbou Fakulteit en Akademia.
Daar was tyd gemaak om twee akademiese besoeke af te lê. Marius Prinsloo Orthotics het in ‘n uitstekende aanbieding verduidelik oor die verskillende aspekte van prostesis. VolumeBuild 3D printing labs is ‘n baanbreker in 3D drukkers en produkte.
Hul besoek was insiggewend en leerders het nuwe perspektief gekry oor ontwikkelende tegnologie. Daar is natuurlik tyd ingeruim om hoë spoed pret te hê by Swartkop renbaan se Kartzone asook Clay Café waar elkeen kans gehad het om hul kunstige kant te laat blom!
Die groep het op hul laaste dag by JackRabbit Chocolate Studio geleentheid gekry om Sjokolade kunstenaars in aksie te sien, en self deel te neem om bon-bons te maak. HFM is dankbaar vir Mnr Booyens en Mnr Steyn vir hul uitstekende bestuursvernuf in klein spasies en druk verkeer.
#FosteringASenseOfCommunity
