HFM maak skuiwe

Thabazimbi/Brits - Hoërskool Frikkie Meyer skaakspan het die afgelope Saterdag 13 Mei by Laerskool Olienpark ‘n paar skuiwe gemaak om die Frikkies se naam hoog te hou.
Daar was groot gees in die opening toe elke ouderdomsgroep se huidige kampioen ‘n “intro” moes hê met musiek. HFM spelers het die skool op twee ouderdoms vlakke verteenwoordig onderskeidelik die o/16 en o/18 ouderdomme.
Frans Kalp wen 2 uit 5 wedstryde, en Valene Oberholzer wen ook 2 uit 5 wedstryde. Xander Palmer wen 2 uit 5 en Kwanele Maduna wen 2 uit 5. Baie geluk aand Dorian Oberholzer wat 4 uit 5 wedstryde wen en ‘n derde plek behaal het!
#FosteringASenseOfCommunity
