Schools & sport

Rhinos op die drempel 

14 June 2023 · Platinum Bushvelder

Rhinos op die drempel 

Setaria - Na week ses is daar geen twyfel oor die Northam Rhinos se hoë plasing op die punteleer van die 2023 Carlton beker nie!  

Die Rhinos, wat tans nommer een posisie op die punteleer neem, klop Pretoria RC op Saterdag 3 Junie 2023 waar hul eerstespan wegstap met ‘n telling van 76-14, tweedespan 77-5, en die derdespan 53-0!

Die Rhinos maak hul eersterondte op die punteleer klaar in ‘n wegwedstryd teen die Harlequins op 10 Junie te Harlequin Park.

Gewend hul 100% wenrekord dusver, is die Rhinos die gunsteling om die stryd te neem. Alhoewel drie van die Rhinos se spelers op Sondag 4 Junie in ‘n motorongeluk betrokke was; die eerstespanflank Marcus Plaatjies is ernstig beseer en kan tans net sy linkerhand beweeg.

Juandré Uithaler het ‘n werwel gebreek en Ian Paxton het snye aan sy kop en merke aan sy lyf. Terwyl die drie Rhinos genees, is ondersteuning van hul toeskouers meer as ooit nodig! 

#FosteringASenseOfCommunity