Thabazimbi Hengelklub vang groot!

Thabazimbi – Thabazimbi Hengelklub het op Sondag 4 Junie 2023 hulle maandelikse kompetisie aangebied by Henk Schutte se dam.
Hengelaars het die koue aan trotseer en reeds om 06h00 penne getrek en amptelik begin hengel vanaf 07h00 tot en met 15h00. Wenners was bepaal deur die swaarste sakke wat ingeweeg was na die intensiewe dag van vis-jag!
Baie geluk aan al die Thabazimbi Hengelklub se wenners in hulle onderskeie individuele afdelings:
• Juniors: Henlo Maritz.
• Dogters: Rochelle Maritz.
• Dames: Alicia du Plessis.
• Seniors: Hans Maritz.
Die volgende kompetisie vind plaas op Saterdag, 1 Julie 2023, en die dam sal nader aan die tyd bekend gemaak word. Enige gewillige nuwe lede of geïnteresseerde persone kan die klub voorsitter, Rudolf du Plessis, kontak op 082 318 6659.
#FosteringASenseOfCommunity
