‘n Goeie telling vir Northam Rhinos derdespan

Pretoria – Dit het gelyk na ‘n uitdagende wedstryd vir die Northam Rhinos teen die Naka Bulls Rugbyklub in Pretoria op Saterdag 1 Julie 2023.
Die eerstespan van die Northam Rhinos het verloor teen die Naka Bulls met ‘n telling van 29-33, maar ten spyte van hierdie nederlaag bly hulle bo-aan die punteleer met nege oorwinnings en slegs een verlies. Die Rhinos tweedespan verloor teen die Naka Bulls met ‘n telling van 22-40 wat hulle derdeplek op die punteleer plaas met ses oorwinnings en vier verliese.
Daar was egter ‘n positiewe uitkoms vir die Northam Rhinos toe hul derdespan ‘n oorwinning behaal het met ‘n telling van 15-8, wat hulle na die eersteplek op die punte leer gebring het!
#FosteringASenseOfCommunity
