Schools & sport

Ruggas! 

21 July 2023 · Platinum Bushvelder

Ruggas! 

o/20 Wêreldbeker Finaal
Die jong Franse Hane het behoorlik koning gekraai in die finaal teen Ierland en wen 50-14. Vir die Haantjies was die oorwinning soet want hulle het vroeër vanjaar teen die Iere verloor in die Ses Nasie reeks.
Die jongelinge van Frankryk was net eenvoudig in ‘n ander klas en hulle oorwinnings getuig daarvan:
Wen 75-12 teen Japan
Wen 35-14 teen Nieu Seeland
Wen 43-19 teen Wallis
Wen 52-31 teen Engeland in die semi-finaal.
Suid Afrika se jong Bokkies het hulle eer in ‘n mate herstel en klop Engeland vir Brons 22-15.

2023 Rugby Kampioenskapsreeks
NiVeu Seeland vs Suid Afrika:
In Auckland hardloop die All Blacks die Bokke in die eerste twintig minute van hulle voete af. Steven Kitshoff sê dat dit gelyk het of hulle teen geeste gespeel het...lol. 
Die Kiwi’s wen gemaklik 35-20 en klop die Bokke met puik spel. Die Bokke se sogenaamde “bomb squad” is begroet met ‘n ewe gedugte Kiwi bombers.
Die reeks word oor twee weke hervat vir die laaste games en die Bokke sal dan teen die Argentyne in Jo’burg uitdraf. 
Australië vs Argentinië:
Die Pumas druk die wendrie in beseringstyd en breek duisende Aussie harte. Dit was ‘n lekker opwindende game en beide spanne het die bal lekker rondgegooi.
Die Pumas wen 34-31 en sal oor twee teen die Bokke in Jo’burg uitdraf. Die Aussies gaan in Melbourne teen die All Blacks kragte meet. 
Nag ou grote..............