Schools & sport

HFM rugbymanne beïndruk

28 July 2023 · Platinum Bushvelder

HFM rugbymanne beïndruk

Thabazimbi – Op Saterdag 22 Julie 2023 het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se o/14, o/15, o/16 en eerste span teen verskeie skole meegeding op hul tuisvelde. Die o/14 span het teen Hoërskool Ellisras uitgedraf en met 14-12 gewen. Die o/15 span het teen Hoërskool Ben Viljoen te staan gekom en het gelykop geëindig met ‘n telling van 17-17. Die o/16 span het teen Hoërskool Hans Strydom uitgedraf en met 8-6 gewen.

HFM se eerste span is as naaswenners van Limpopo gekroon, toe Hoërskool Ellisras wen met ‘n telling van 33-22. “Baie geluk aan ons rugbymanne,” sê Hoërskool Frikkie Meyer buitekurrikulêr Tiaan Schmidt. “Ek nooi almal hartlik uit om die naweek by HFM in te klop vir die Noordvaal kwalifiserende ronde op Saterdag 29 Julie. Toegang beloop R20 per persoon, en leerders in netjiese skooldrag kan gratis bywoon.”

 

Foto: Hoërskool Frikkie Meyer se o/14 wenspan.