Thaba Super SPAR kweek netbal!

Thabazimbi – Thaba Super SPAR het saamgekom en mense uit die gemeenskap genader om hul eie span aan te vat by die perseel. Die idee rondom die byeenkoms was om bewusmaking te kweek aan netbal as ‘n sport en ook aan die Wêreldbeker.
Thaba SPAR het op Dinsdag 25 Julie 2023 hul kragte gemeet ten Hoërskool Frikkie Meyer se o/14A span. Dit was ‘n baie taai wedstryd teen ‘n baie goeie span wat SPAR se span goed besig gehou het.
Thaba Super SPAR wil as ‘n familie die netbalspan baie sterkte toewens vir die res van die seisoen en ook baie dankie sê vir hulle teenwoordigheid in die program.
In die komende weke gaan daar nog drie vertoningswedstrede aangebied word. Die volgende vind plaas op 27 Julie waar Thaba SPAR teen die LoveLife jeugprogram gaan speel.
Die program sluit ook aan by die ontwikkeling van die sport ten opsigte van borge wat Thaba SPAR gee vir skole en instansies wat dit nodig het, in die vorm ban bibs, balle, en ‘n doel paal wat geskenk word aan die einde van die program.
Thaba SPAR hoop om nog meer bewusmaking te kweek in die sport en om dit meer te laat groei en die belangstelling daarin op ‘n senior vlak te kry, sodat beroepspelers ook dieselfde ondersteuning basis kan kweek in n bedryf waar dit vir suksesvolle loopbane kan sorg.
Thaba SPAR se volgende vertoningswedstrede vind plaas om 14:00 op die volgende datums:
- 27 Julie
- 01 Augustus
- 03 Augustus
Die publiek is meer as welkom om te kom in loer en te ondersteun.
Photo: Interconnect Systems staff members helped to spruce up the premises.
