Crime & safety

IN REMEMBRANCE

26 September 2023 · Platinum Bushvelder

IN REMEMBRANCE

In liefdevolle herinnering aan Petrus Albertus Potgieter (52) gebore 26 Junie 1971, oorlede op Dinsdag 12 September 2023. Die begrafnis diens vind plaas op Saterdag 23 September 2023 vanuit die Boerevereniging saal te Dwaalboom. Pieter soos hy bekend was, laat sy vrou, kinders en familie agter. Pieter was ‘n natuurmens, hy was baie lief vir jag en in die veld wees. Hy het in Maart 2001 sy beesboerdery in Delmas geruil vir die stilte van die Bosveld. Pieter het diep spore in die jaggemeenskap getrap, hy het die jonger generasie geïnspireer met sy jag stories en het die belangrikheid van bewaring graag gedeel en self uitgeleef. Pieter was baie betrokke by die professionele jagters organisasie van Suid-Africa (PHASA) waar hy die chairman van die foundation was totdat hy verkies is tot die president van PHASA en sy termyn November 2022 voltooi het.  Buiten Motsomi Safaris waar Pieter sy passie vir jag uitgeleef het, het hy ook in 2019 saam met Charl van Rooyen ‘n jagbesigheid in Tanzanië begin.  Pieter het soveel mense aangeraak en het orals waar hy gegaan het altyd ‘n glimlag agter gelaat. Pieter was ‘n hardwerkende man, wat na aan sy Vader geleef het. Ons dank die Liewe Heer dat hy die merkwaardige man vir ons geleen het. Hy laat ‘n groot leemte in almal wie hy aangeraak het se lewens agter.

Ons bid genesing oor elkeen wat deur sy heengaan aangeraak is, mag elkeen troos vind by ons Hemelse Vader.