Pret en plesier by VLU Zonneblom

Setaria – Die Vroue Landbou Unie (VLU) Zonneblom-tak, het op Dinsdag 6 Februarie hul maandelikse takvergadering gehou te Setaria.
Die Bosveldstreek Konferensie staan al hoe nader en die Zonneblom-tak is die gasvrou vir hierdie geleentheid. Die lede is rasend van opgewondenheid; voorbereiding verloop glad!
Om deel te wees van hierdie dinamiese groep vrouens, skakel gerus vir Michelle Smit, skakelbeampte, by 081-807 3637 of WhatsApp by 078-248 5376.
