HFM skuts oorheers by Veldboogskiet Kampioenskappe

Thabazimbi – Die span boogskuts van Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het blink presteer tydens die KwaZulu-Natal Veldboogskiet kampioenskappe wat op 16-17 September 2023 gehou is. In ‘n veld van skerpskuts het die volgende HFM skuts uitgeblink:
Adult Female Bowhunter klas:
- Maya Broekhuizen het met ‘n stralende goud medalje weggestap.
- Junior Male Bowhunter (o/17 klas):
- Mardus Ras het ‘n goue posisie verower.
- Anton Dreyer het ‘n silwermedalje huis toe gebring.
- Junior Female Bowhunter Unlimited (o/17 klas):
- Marné Furstenburg het die goud vir haar klas ingepalm.
- Jean Marié Viljoen het die silwer posisie behaal.
Onder die ander deelnemers wat die skool verteenwoordig het, was Janco Pieterse en Dakota de Beer. Die skool en gemeenskap is ongelooflik trots op die skuts vir hul uitsonderlike prestasie. Baie geluk, jul harde werk en toewyding het vrugte afgewerp!
Foto: Van links: Dakota de Beer, Marné Furstenburg, Mardus Ras, me. Lusette von Wielligh, Carlo Engelbrecht, Jeanmari Viljoen, Maya Broekhuizen, Anton Dreyer, en Janco Pieterse.
