HFM onder-19 dogters krieketspan het die wedstryd regdeur die pale getrek!

Thabazimbi - Op Maandag 25 September 2023, het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) se o/19 dogters krieketspan ‘n uitsonderlike vertoning gelewer teen Hoërskool Ben Viljoen in die Limpopo Impala Krieket liga. Die wedstryd het ‘n oorwinning vir Hoërskool Frikkie Meyer gebring toe hulle ‘n telling van 83 lopies behaal het teen slegs die verlies van 10 paaltjies. Ter vergelyking, Hoërskool Ben Viljoen kon net 79 lopies teen ‘n verlies van 10 paaltjies op die telbord plaas.
Hierdie oorwinning van HFM met ‘n voorsprong van 4 lopies getuig van hul puik vaardighede en vasberadenheid. Wat die prestasie nog indrukwekkender maak, is dat die HFM dogters span die wedstryd binne 16.5 boulbeurte kon afhandel. Dit was ‘n glansryke dag vir hierdie talentvolle span en ‘n bewys van die HFM se o/19 dogters se krieketvernuf.
Photo: Die o/19 Hoërskool Frikkie Meyer dogters krieketspan.
