In Remembrance

In Liefdevolle herinneringe aan Wilhelmina Sophia van Heerden, gebore op 14 Oktober 1952, oorlede op Donderdag 21 September 2023.
Die roudiens het plaas gevind op Vrydag 6 Oktober om 11:00, vanuit die N.G. Kerk op Koedoeskop.
Boodskap van familie: “Mis mamma se boodskappe elke dag en nog ‘n bietjie meer. Jou lekker lag saam met vriende sal gemis word. Elke keer wat ons ‘n drukkie nodig gehad het, was mamma se arms daar om ons liggaam toe te vou. Elke keer wat ons ‘n vriend nodig gehad het, was mamma daar met ‘n moederhart wat verstaan. Elke keer wat ons vermaning nodig gehad het, was mamma se sagte oë streng genoeg om “nee” te sê. Elke keer wat ons leiding nodig gehad het, was dit mamma se liefde wat ons gelei het. Mamma se plek is nou in die Hemel en ons glo mamma kyk met trots uit na ons van daar bo en het geen meer leiding nie, net vreugde en versoening. Ons sal mamma mis maar nooit vergeet nie, die Legende wat mamma vir ons was en is, sal altyd onthou word”.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).
