Rugby Wêreldbeker 2023

Die mees senuweeslopende deel van die 2023-rugbyskouspel het nou aangebreek. Vir sommige spanne is dit dalk makliker as gevolg van die lotings vanjaar. Ook is daar ‘n hele paar beslissings deur wedstrydbeamptes wat skokkend was en ‘n span of twee beroof het van ‘n plek in die top agt.
Die grootste nuus van die 2023-toernooi behoort egter aan Australië. Eddie Jones en sy Wallabies was skokkend swak en het vir die eerstekeer ooit teen Fidji verloor. Hulle het dit opgevolg met ‘n rekordneerlaag teen Wallis, en vir die eerstekeer ooit in Aussie-geskiedenis het hulle nie ‘n kwartfinale in die Wêreldbeker gehaal nie. Eina!
Dan is daar die Franse aardskudding...die ernstige wangbeenbesering van die Franse kaptein en skrumskakel, Antoine Dupont, wat hy opgedoen het in die wedstryd teen Namibië op 21 September toe Johan Deysel hom raakgery het. Dupont het ‘n operasie ondergaan, herstel en is fiks verklaar om in ‘n kwartfinale teen Suid-Afrika te speel.
Dupont word nie verniet as die beste speler op planeet aarde beskou nie en is die spil waarom die Franse se arsenaal draai. Die mannetjie is beslis dapper!
Die tyd vir praatjies is nou verby, ou grote. Slegs vier spanne kan deurdring na die semi-finales, en die pot is behoorlik aan die kook, en twee van die topspanne in 2023 sal hulle tassies moet pak. Ons hoop dat rugby sal seëvier en dat die wedstrydbeamptes op hulle allerbeste eerlik en objektief sal wees.
Uitslae:
Donderdag 5 Oktober
Nieu-Seeland 73-0 Uruguay
Vrydag 6 Oktober
Frankryk 60-7 Italië
Saterdag 7 Oktober
Wallis 43-19 Georgië
Engeland 18-17 Samoa
Ierland 36-14 Skotland
Sondag 8 Oktober
Japan 27-39 Argentinië
Fidji 23-24 Portugal
Bepalings:
Saterdag 14 Oktober
Wallis 17:00 Argentinië (Skeidsregter - Jaco Peyper)
Ierland 21:00 Nieu-Seeland (Skeidsregter - Wayne Barnes)
Sondag 15 Oktober
Engeland 17:00 Fidji (Skeidsregter - Mathieu Raynaal)
Frankryk 21:00 Suid-Afrika (Skeidsregter - Ben O’Keeffe)
15 Oktober gaan ‘n blou Maandag wees...Definitief ‘n lang dag vir duisende Rugga liefhebbers...nag ou grote!
