Community

Bingo en Braai

30 October 2023 · Platinum Bushvelder

Bingo en Braai

ATKV Thabazimbi in samewerking met SAVF Thabazimbi, het op Vrydag 20 Oktober die Bejaardes Bingo en Braai aangebied by die Bosveldoord se saal. Die inwoners van die Bosveld Oord, Huis Immergroen en Sonskynoord het hulself gate uit geniet by die jaarlikse instelling wat deur ATKV befonds en fasiliteer word. Linda Grobler (ATKV komitee lid en SAVF Diensbestuurslid) sê dat hulle met liefde die bejaardes jaarliks bederf met ‘n lekker braai omdat hulle ‘n spesiale deel van ons gemeeskap vorm en bederf moet word.

Annali Connear, SAVF diensbestuur, sê dis lekker vir hulle om tyd saam met die bejaardes te spandeer en deel te wees van hierdie projek om ons kontrei se bejaardes te bedien en te bederf.
Die bejaardes is trakteer met Bingo (met sjokolade en chips pryse) asook sangvermaak deur Lieselotte Smit en Janise Coetzee wat “O Heer my God” gesing het met kitaar begeleiding. Linda bedank die volgende instansies en persone vir hul bydraes vir die dag: Jorrie van Pick n Pay vir die afslag op die wors, Meat World vir die afslag op die vleis en Trina en Collin Rudman vir die skenk van hout vir die braai.

Photo: Linda Grobler van  ATKV en ondervoorsitter van SAVF  diensbestuur,  en Annali Connear, voorsitter van SAVF diensbestuur Thabazimbi
 

Lekker Bingo speel en samesyn voor die ete