Schools & sport

Rugby Wêreldbeker 2023

3 November 2023 · Platinum Bushvelder

Rugby Wêreldbeker 2023

2023 Finaal
Die Bokke het die Wêreldbeker vir ‘n rekord vierde keer verower om die enigste land ooit te wees wat dit kon bereik. Die Bokke het hierdie opwindende wedstryd met ‘n telling van 12-11 gewen, terwyl die All Blacks vir sowat sestig minute met veertien spelers aanhoudende aanval na aanval gelei het. Handre Pollard het die Bokke se telling in die eerste helfte met vier strafdoele behaal. Die rustelling was 12-6 in die guns van die Bokke, en die enigste punte in die tweede helfte is deur die All Blacks met ‘n puik drie gedruk.  

In die uitspeelwedstryd vir die bronsmedalje het Engeland Argentinië met 26-23 verslaan. Die toptoekenningsmaker vir die toernooi is die gewilde Owen Farrell van Engeland met 75 punte. Die uitstekende All Black-vleuel, Will Jordan, was die voorste drie-drukker en het agt keer agter die doellyn gaan kuier. Tydens ‘n pragtige geleentheid is die 2023-toekennings toegeken. Andy Farrell van Ierland is as die beste afrigter aangewys, terwyl die All Black-agsteman, Ardie Savea, as die beste speler erken is.