Schools & sport

Bosveld Interhoër Redenaars 2017

18 August 2017 · Platinum Bushvelder

Bosveld Interhoër Redenaars 2017

Thabazimbi – Die Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) het op Maandag 7 Augustus die Bosveld Interhoër redenaarskompetisie aangebied. HFM, Hoërskool Warmbad, Hoërskool Ben Viljoen, Hoërskool Ellisras, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Nylstroom en Hoërskool Piet Potgieter het deelgeneem.

Die individuele wenners, in die Afrikaanse Junior afdeling (voorbereid) is: 1. Izaan van Schoor (Warmbad), 2. Ruvè Blaauw (HFM), en 3. Milla Kleynhans (Ben Viljoen).

Die individuele wenners in die Afrikaanse Senior Afdeling (voorbereid) is:  1. Erik van der Walt (Ellisras), 2. Daniël Koekemoer (HFM) en 3. Kaylyn Kotzè (Ben Viljoen).

In die Junior Afdeling (onvoorbereid), is die wenners: 1. Mieke Hofmeyer (Hans Strijdom), 2. Stiaan Joubert (HFM) en 3. Tjaart du Plessis (Nylstroom).

Van links: Beste Senior Engels, Anika Jordaan en Mnr Colin Campbell, hoof van HFM.

Die English Individual Winners by die Juniors (voorbereid), is soos volg: 1. Mia Koorsen (Hans Strijdom), 2. Christopher Isaac (Piet Potgieter), en 3. Theunis van Wyk (Hans Strijdom).

Die English Individual Winners (voorbereid) by die Seniors, is: 1. Anika Jordaan (HFM), 2. Nika Pienaar (Hans Strijdom) en 3. Jessica Mtsweni (Ben Viljoen).

Die skool met die beste junior span was Hans Strijdom, met Ben Viljoen in die tweede plek en Warmbad derde. Die beste senior span was Piet Potgieter, tweede HFM en derde Hans Strijdom. Die algehele wennerskool was Piet Potgieter, Hans Strijdom tweede en Ben Viljoen derde.

Die beste junior – Afrikaans was Izaan van Schoor (Warmbad) en beste senior – Afrikaans Erik van der Walt (Ellisras). Die beste junior – Engels was Mia Koorsen (Hans Strijdom) en beste senior - Engels: Anika Jordaan (HFM).

Baie geluk aan hierdie leerders met hulle uitsonderlike prestasies!