Schools & sport

Laerskool Thabazimbi se gholf sterre 

13 November 2023 · Platinum Bushvelder

Laerskool Thabazimbi se gholf sterre 

Thabazimbi - Op Dinsdag 24 Oktober 2023, het Laerskool Thabazimbi aan die jaarlikse Interlaer-gholfkompetisie deelgeneem, en hul A- en B-spanne het as wenners uit die stryd getree. Vyf van Laerskool Thabazimbi se leerders is ná die dag uitgenooi om aan die finale Limpopo-proewe op 6 November 2023 by Kameeldoring-gholfklub in Potgietersrus deel te neem. Die trots van die skool, Hendru Gerber, het as die algehele wenner van die dag uitgetree, met Rudo Rheeder in ‘n verdienstelike tweedeplek. Lenie Steenkamp het ‘n vierde plek in die dogtersafdeling behaal. Hierdie drie leerders sal ook Limpopo met trots by die IPT-toernooi in Johannesburg op die 11de en 12de Desember verteenwoordig. Baie geluk aan Laerskool Thabazimbi se gholfsterre!

Photo: Vanaf links: Gawie Grobler, Pieter Steenkamp, Jannik Blaauw, en Cobus Vosloo.

Die interlaer A-span kampioene vanaf links: MJ Snyman, Rudo Rheeders, Mnr Michael Karemaker (Gholf organiseerder), en  Hendru Gerber. Voor: Arnu Snyman
Lenie Steenkamp het vierdeplek behaal in die dogters afdeling.
Vanaf links: Hendru Gerber en Rudo Rheeders.