Kom gooi die katrol uit!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub se eerste amptelike kompetisie vir 2018 het vir groot pret gesorg! Die kompetisie is aangebied by die Northam Konsentrator, die opkoms was goed en die hengelaars is entoesiasties oor die jaar se hengel. Die wenners is bepaal deur die hengelaar wat die swaarste sak vis ingeweeg het.
Die klub se volgende kompetisie vind komende naweek plaas by Roodekoppies se oewer, Fyndraai, op 17 Februarie.
Die wenners van die afgelope kompetisie is as volg:
- Cubs: Morne Grobler (1), Henlo Maritz (2), en Zayleigh Du Preez (3)
- Penkoppe: MJ Kloppers (1), Tiaan Swanepoel (2), en Ewald Botha (3)
- Dogters: Jana Bezuidenhout (1), Mikyla Tullues (2), en Marijuze Parau (3)
- Juniors: Marinus Viljoen (1), Theaan Scheepers (2), en Tommy Swanepoel (3)
- Dames: Rinda Haswell (1), Bernique Du Preez (2), en Celia Bezuidenhout (3)
- Meesters: Johann Schoeman (1), Jan Botha (2), en Nicolene Heydenrych (3)
- Seniors: Piet Bezuidenhout (1), Tommy Swanepoel (2), en Dries Raath (3)
Middel van links: Nicolene Heydenrych, Tommy Swanepoel, Jana Bezuidenhout, Ewald Botha, Rinda Haswell, Theaan Scheepers, en Marinus Viljoen.
Voor van links: Marijuze Parau, Henlo Maritz, Zayleigh du Preez, MJ Kloppers, en Tiaan Swanepoel.
