In herinnering

Die diens van die wyle Jacobus Zacharias ‘Kobus’ van der Riet het plaasgevind vanuit die NG Kerk te Koedoeskop op Vrydag 24 November 2023 om 11:00. Op 21 Julie 1961 is die lewensboek van Kobus geopen. Daarin is sy lief en leed ingeskryf. Op 17 November 2023 is die laaste hoofstuk voltooi.
“Sy plek sal altyd leeg wees, maar ons berus ons in die Wil van die Here en daarom roep ons saam met die gelowige Job uit: ‘Die Here het gegee, die Here het geneem, loof die naam van die Here’.
“Hy was maar altyd daar, liefdevol met hulp en raad...
Met lag, was hy bly, met hartseer, het hy saam gely...
Die Here het die tyd bepaal,
Wanneer Hy hom kom haal...
Al is ons harte rou en seer,
Ons sien mekaar eendag weer ..
Rus sag en veilig by ons Heer”.
Sy heengaan word diep betreur deur sy vrou, kinders, skoonkinders, kleinkinders, familie, en vriende.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).
