In Liefdevolle Herinnering

Nickey Cronje (66), nooiensvan ‘Badenhorst’, gebore op 6 Desember 1957, oorlede op Saterdag 9 Desember 2023. Die besonderhede van Nickey se roudiens sal later bekend gemaak word.
Dit is met ‘n swaar hart dat ons afskeid neem van ‘n wonderlike, sterk vrou wat diep spore in ons almal se harte agterlaat. Nickey, daar is geen woorde om te beskryf wat jy vir ons beteken het nie, ons gaan jou oneindig mis. Boodskap van Nickey se suster, Elize: “Ek wil graag my hart oopmaak en julle almal in die gemeenskap bedank vir julle medelye en simpatie met Nickey se afsterwe. Ons as haar familie waardeer dit opreg. Die gemeenskap het baie vir haar beteken. Sy het, weens haar omstandighede, dit moeilik gevat om na 40 jaar in Thaba, afskeid te neem. Maar ons is ‘n hegte familie en het sy dus baie liefde en ondersteuning ontvang tydens haar versorging. Ook emosionele bystand. Nogmaals dankie, ons diepe waardering.”
Met waardigheid en respek deur Doves Begrafnisdienste, Michaelstraat 11, Thabazimbi. Kontakbesonderhede is 014 777 1269 (kantoor) of 083 740 7369 (24/7).
