Schools & sport

Thabazimbi Hengelklub skop jaar af met opwindende kompetisie

12 February 2024 · Platinum Bushvelder

Thabazimbi Hengelklub skop jaar af met opwindende kompetisie

Thabazimbi – Op Sondag 28 Januarie 2024, het die Thabazimbi Hengelklub die jaar op ‘n hoë noot begin met hul eerste klubkompetisie by die Northam Konsentrator. Dit was ‘n dagkompetisie waaraan 18 hengelaars deelgeneem het. Die vis was volop en die weer het saamgespeel, wat die dag ideaal gemaak het vir hengel. 

Deelnemers het reeds om 05:00 hul hengelplekke bepaal en van 06:00 tot 15:00 gehengel. Die wenners is bepaal op grond van wie die swaarste sakke vis ingeweeg het.

Baie geluk aan die wenners in die volgende kategorieë:

  • Cubs: Ruben du Plessis
  • Dames: Janine Koekemoer
  • Meesters: Rassie Erasmus
  • Seniors: Rudolf du Plessis


Ons moedig alle entoesiastiese nuwe hengelaars aan om met die klubvoorsitter, Rassie Erasmus, in verbinding te tree vir meer inligting. Hy is bereikbaar by 072 456 8411.

Main Photo: Rassie Erasmus 

Ruben du Plessis
Janine Koekemoer
Rudolf du Plessis