HFM Interhoër gholf

Thabazimbi – Op Dinsdag 8 Augustus het Hoërskool Frikkie Meyer (HFM) die Bosveld Interhoër vir gholf aangebied. Sewe skole het deelgeneem, in die B- en C afdelings.
Frikkie Meyer se C-liga span speel teen vier ander skole, en eindig tweede nadat Piet Pot se spanne ‘n ongelooflike telling behaal het.
HFM se B-liga span neem deel teen vyf ander skole, en presteer baie goed. Die finale uitslag lyk soos volg: Piet Pot eindig derde met 101 punte, Nylstroom eindig tweede met 106 punte en Frikkie Meyer eerste met 114 punte.
Dit beteken Frikkie Meyer is weereens die Interhoër wenners van die B-liga, vir die derde jaar in ‘n ry. Die beker is weereens terug by die huis! Hierdie span was ook vroeër vanjaar die Limpopo wenners van die Hoërskole Gholfliga vir 2017.
“Baie geluk aan alle spelers in beide spanne wat hul beste gelewer het en positief gebly het tot op die einde! Groot dank ook aan almal wat bygedra het tot ons sukses – veral die dames wat gehelp het met verversings op die dag, en hul vroeë oggend opgeoffer het. Dankie,” sê Van Loggerenberg, organiseerder.
