Community

In liefdevolle herinnering

28 February 2024 · Platinum Bushvelder

In liefdevolle herinnering
In liefdevolle herinnering aan Andries Jacobus Jonker

Gebore: 16 Oktober  1941
Afsterwe: 07 Februarie 2024
Die diens het plaasgevind op Vrydag, 16 Februarie 2024 vanuit die Nederduitsch Hervormde Kerk, Ruskoppies te Dwaalboom.
‘n Eggenoot, vader en oupa met deursettingsvermoë. Hy het ons baie lewenslesse geleer. Wat eers net ‘n stokperdjie was, het gegroei tot ‘n volwaardige boerdery. Soveel jare se harde werk en opofferings het ons, ons droom en liefde vir die grond saam uitgeleef.
Andries se heengaan word diep betreur deur sy eggenote.
Diens gelewer met waardigheid en respek deur Doves, Michaelstraat 11, Thabazimbi.
014 777 1269 (alle ure)
In liefdevolle herinnering aan Neil Struwig

Gebore: 27 September 1974
Oorlede: 03 Februarie 2024


Die roudiens het plaasgevind op 17 Februarie 2024 vanuit die N.G. Kerk, Thabazimbi.
Neil, ‘n liefdevolle en nederige man, pa, oupa, broer en vriend. Ons dank die Here vir sy voorbeeld, goue hart, talente en veral sy liefde wat hy met almal gedeel het.
Sy heengaan word diep betreur deur sy geliefde vrou, sy seuns en sy kleinkinders.
‘n Diens met waardigheid en respek gelewer deur Doves, Michaelstraat 11, Thabazimbi.
014 777 1269 (alle ure)