Community

Northam Boerevereniging span saam

Northam Boerevereniging span saam

Northam – Lede van die Northam Boereverening het op Woensdag 7 Februarie bymekaargekom vir die eerste vergadering vir 2018. Prof Erasmus, voorsitter van die boerevereniging het die vergadering gelei. Kern punte op die agenda was veiligheid, ledesake, jaarbeplanning en finansies. 


Johan Young, stuur van veiligheid, het ‘n hartlike beleid op alle lede gedoen hulle plase duidelik te merk met nommers en maklik erkenbare bakens om verwarring te verminder.

“Dit is van kardinale belang dat ons, ons lede so vinnig as moontlik te hulp kan snel gedurende hul tyd van nood, dus is dit belangrik vir lede om maklik jou plaas en jou plaas se ingang te kan identifiseer. Ons wil glad nie hê dat kosbare oomblikke gemors word opsoek na ‘n versteekte plaaspaadjie nie,” sê Young in ‘n onderhoud met die Platinum Bushvelder koerant. Young het ook gesê: “Dit is noodsaaklik vir boere om paraat te bly en dadelik op die radio’s te laat weet indien hul enige sekuriteit risiko’s ervaar.” 


Piet Strydom, hoofsweep van die Thabazimbi Munisipaliteit het ook tydens die vergadering terugvoer oor die huidige stand van die  munisipaliteit gelewer. Strydom se kern boodskap was dat Northam se toekoms helder lyk!  “Northam is geoormerk as ‘n dorp wat ‘n ‘presidential package’ ontvang het,” sê Strydom. “Goeie raad is, behou jou eiendom.”


Die volgende vergadering sal op 7 Maart plaasvind.

 

Piet Strydom, hoofsweep van die Thabazimbi Munisipaliteit, het tydens die eerste vergadering van die Boerevereniging vir 2018 ‘n moontlike en helder uitsig vir grondeienaars geskilder.
Johan Young, Northam Boereverening, stuur vir sekuriteit, het ‘n beleid op alle lede gemaak om hul plaaspaaie en hekke duidelik te merk om dit maklik te maak om u te vind gedurende ‘n tyd van nood.

 

More local news