Hengelgenot te midde van uitdagings!

Thabazimbi – Die Thabazimbi Hengelklub het die afgelope naweek hul eerste kompetisie van die jaar by die Northam Konsentrator aangebied, ondanks uitdagende toegang tot die damme ná Desember se welkome reën. Dit het hengelaars egter nie gekeer nie – 38 deelnemers het hul hoeke skerpgemaak en ‘n indrukwekkende 495 visse met ‘n totale sakgewig van 330.78 kg uitgetrek! Die volgende kompetisie se datum word binnekort aangekondig, en nuwe lede is welkom om aan te sluit. Vir meer inligting, kontak die klubvoorsitter, Rassie Erasmus, by 072 456 8411.
Hooffoto: Cub afdeling | wenner | Scarlett Murray
