Laerskool Thabazimbi atlete skitter!

Thabazimbi – Atletiek van topgehalte was Saterdag 8 Februarie 2025 op die baan toe Laerskool Thabazimbi hul eerste Thabazimbi Prestige Uitnodigings byeenkoms aangebied het.
Ses top skole het mekaar met ywer en passie aangedurf, en ‘n ongelooflike 37 nuwe rekords is opgestel! Ná ‘n dag van spog prestasies het Laerskool Thabazimbi met ‘n allemintige 468 punte die oorwinning behaal. Ons is trots op elke atleet wat hul alles gegee het en dankbaar vir die onwrikbare ondersteuning van ouers en leerders. Baie geluk aan Laerskool Thabazimbi se atlete!
