Schools & sport

Blitsvinnige Frikkies breek rekords en skitter op die baan!

25 February 2025 · Platinum Bushvelder

Blitsvinnige Frikkies breek rekords en skitter op die baan!

Thabazimbi – Hoërskool Frikkie Meyer se atlete het op Vrydag 14 Februarie 2025, by Hoërskool Hartebeespoort se atletiekbyeenkoms hul merk gelaat met indrukwekkende vertonings teen strawwe mededinging van Hoërskool Pretoria Noord, Hoërskool Brits en Uitsig High School.

Een van die grootste hoogtepunte van die dag was Echardt Kuhl se fenomenale vertoning in die 200m vir seuns o.15, waar hy ‘n nuwe rekord opgestel het. Sy spoed en tegniek het hom in ‘n klas van sy eie geplaas en hom as een van die byeenkoms se toppresteerders laat uitstaan.

Verskeie ander Frikkie Meyer-atlete het ook hul staal gewys deur uitsonderlike punte op die ASA-tabel te behaal. Van hierdie atlete wat meer as 800 punte aangeteken het, sluit in:

  • Leandrie van Aswegen (100m)
  • Barnabas Nyamakuppe (100m)
  • Milane Stassen (200m)
  • Deanette Benade (90m hekkies)
  • Annabelle Huysamen (90m hekkies)
  • Anrich Fourie (gewigstoot)
  • Lourens Pieterse (gewigstoot en diskus)
  • Mare Pieterse (diskus)

Baie geluk aan al hierdie uitblinkers wat met toewyding en deursettingsvermoë hul skool se naam hoog hou. 

Main photo: Barnabas Nyamakuppe wys sy krag en tegniek in die verspring.

Echardt Kuhl skiet uit die blokke in die 200m vir seuns o.15, vasberade om ‘n nuwe rekord op te stel.