Schools & sport

ATKV Thabazimbi dra weer by tot taaltriomf! 

2 April 2025 · Platinum Bushvelder

ATKV Thabazimbi dra weer by tot taaltriomf! 

Thabazimbi – Thabazimbi het opnuut gewys dat dit ‘n broeiplek is vir jong redenaarstalente toe leerders van verskeie grade hul sê kom sê het tydens die Interhuis Redenaarskompetisie. Hierdie spoggeleentheid is aangebied by Hoërskool Frikkie Meyer en Laerskool Thabazimbi, met ondersteuning en beoordelingshulp van die ATKV Thabazimbi. Rita Volschenk, voorsitter van die plaaslike ATKV, het die verrigtinge gereël en ‘n gladde verloop verseker.

HFM se Interhuis Redenaars – 11 Maart

Die kompetisie was propvol passie en pittige menings. In die Junior Voorbereide afdeling het die volgende sterre uitgeblink:

  • Bertus Els
  • Gabriella Nel
  • Megan Rudolph

By die Seniors was dit ewe indrukwekkend:

  • Frans Kalp
  • Elri Geldenhuys
  • Kaylin du Plessis

Die welbekende redenaarskenner, Driekie Jacobs van RAB, was die beoordelaar vir hierdie afdeling en het die leerders se selfvertroue en taalgebruik geloof.

Photo: Senior redenaars met groot drome, van links, Elri Geldenhuys, Kaylin Du Plessis, en Frans Kalp.

Die jongste sprekers het hul sê gesê met styl! – Laerskool Redenaars Graad 1 tot 3.
Vol vertroue en vol woorde – Laerskool Redenaars Graad 4 tot 7 wys hul slag op die verhoog.
Top junior redenaars, van links, Bertus Els, Gabriella Nel, en Megan Rudolph.
Engelse Graad 12-sprekers laat hulle stemme hoor, van links, Candice Molapisi, en Ompile Ncayiyana.
Die beoordelaars aan die werk, van links, Rita Volschenk (ATKV Thabazimbi), en Elsje Retief (beoordelaar laerskool leerders). 
Driekie Jacobs (beoordelaar van RAB).